Fosfor in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde 1. Totale, anorganiese en organiese fosfor

Original Articles

Fosfor in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde 1. Totale, anorganiese en organiese fosfor

DOI: 10.1080/02571862.1997.10635074
Author(s): A.J. van Zyl Departement Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika , C.C. du Preez Departement Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Min is bekend oor die effek van boerderypraktyke soos bewerking, bemesting en bekalking op die fosforfraksies in gronde van die somerreënvalgebied (25°-30°S; 24°–30°O) in Suid-Afrika. Die doelstellings van die studie was om die effek van gewasverbouing op die totale (Pt), anorganiese (Pa) en organiese (Po) fosforfraksies van hierdie gronde te kwantifiseer en om vas te stel hoe die Pa- en Po-fraksies, wat ten opsigte van planttoeganklik- heid verskil, deur gewasverbouing beïnvloed word. Siegs die effekte van gewasverbouing op Pt, Pa en Po word hier gerapporteer. Bewerkte en nabygeleë onversteurde bogronde (0–200 mm) is by 50 lokaliteite, wat verspreid in die ondersoekgebied voorkom, versamel. 'n Opeenvolgende ekstraheringsprosedure is gebruik om die Pa(NaHCO3-Pa, NaOH-Pa, HCI-Pa en residuele-Pa) en Po (NaHCO3-Po, NaOH-Po en residuele-Po) in die monsters te fraksioneer vir kolorimetriese bepaling. Daarna is Pt, Pa en Po deur sommering van die relevante fraksies bereken. Die Pt van die bewerkte gronde was in 76% van die gevalle groter as die van nabygeleë onversteurde gronde. Dit is omdat die toename in Pa weens bemesting groter was as die afname in Po weens mineralisasie. Gevolglik is die bydrae van Pa tot Pt groter as die van Po tot Pt in die bewerkte gronde, wat nie die geval in die onversteurde gronde was nie. Die korrelasies van organiese C, totale N en totale S met Po in die bewerkte gronde is oorwegend lare as in die onversteurde gronde. In beide die onversteurde en die bewerkte gronde het Pt, Pa en Po goed onderling gekorreleer. Klimaatsparameters en grondeienskappe het 'n kleiner persentasie van die variasie in die drie fosforfraksies verklaar.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil