Inhibering van urease-aktiwiteite in sekere gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Kort Mededeling/Short Communication

Inhibering van urease-aktiwiteite in sekere gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 8 , issue 4 , 1991 , pages: 212–214
DOI: 10.1080/02571862.1991.10634836
Author(s): F. , P.J. Thormählen Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika , C.C. den Preez Departement van Grondkunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die verloop van hidrolise is in vier gronde met verskillende urease-aktiwiteite, afkomstig van die sentrale besproeiingsgebiede, gemonitor na toediening van ureum teen die ekwivalent van 100 kg N ha−1. Gelyktydig met die toediening van ureum is sewe belowende inhibeerders ook toegedien teen 'n konsentrasie van 50 mg kg−1. Tydens inkubasie by 30°C is die ureumstikstof op gereelde tydsintervalle gemeet totdat die hidrolise van ureum voltooi was. Die data is gebruik om die urease-aktiwiteite van die verskillende behandelings by elke grond te bereken. Hidrokinoon het gemiddeld die grootste verlaging in urease-aktiwiteite van die vier gronde bewerkstellig (94%), gevolg deur p-benzokinoon (93%), fenielfosfordiamidaat (85%), katekol (75%), fenielkwikasetaat (70%), tioureum (30%) en ammoniumtiosulfaat (19%). Daardeur is die tydsduur vir volledige hidrolise van ureum aansienlik verleng.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil