Reproduktiewe opbrengskomponente van mielies (<em>Zea mays</em> L.) soos beïnvloed deur verskillende grondvrugbaarheids- en be- sproeiingspeile

Short Communications/Kort Mededelings

Reproduktiewe opbrengskomponente van mielies (Zea mays L.) soos beïnvloed deur verskillende grondvrugbaarheids- en be- sproeiingspeile

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 4 , issue 2 , 1987 , pages: 100–102
DOI: 10.1080/02571862.1987.10634951
Author(s): R.E. Steynberg Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , P.C. Nel Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , P.S. Hammes Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die reproduktiewe opbrengskomponente van mielies (Zea mays L.) is gedurende die 1982/83-seisoen gemonitor by sekere behandelings van 'n langtermyn bemestings- en besproeiingsproef met twee peile elk van besproeiing (W), stikstof (N), fosfor (P), kallum (K) en kompos (M). Addisionele besproeiing het kopgrootte en graanopbrengs laat toeneem terwyl die ander parameters nie betekenisvol beïnvloed is nie. Die effek van N is vertroebel omdat erte wat in die winter in wisselbou met mielies verbou word, skynbaar genoeg N voorsien het vir normale opbrengste. P- bemesting het pluim- en baardverskyning vervroeg sodat die graanvulperiode met 10 dae verleng is. Die aantal pitte per kop is vermeerder en gevolglik opbrengs ook. Kopaantal en pitmassa is egter nie betekenisvol beïnvloed nie. K- bemesting het die graanvulperiode met meer as 20 dae verleng omdat baardverskyning vervroeg is en tweedens omdat plante later fisiologies ryp geword het. K het verder 'n voordelige invloed gehad op kopaantal, kopgrootte en pitmassa. Opbrengs het met 6560 kg ha-1 toegeneem waar voldoende K voorsien is.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil