Communicative second language teaching: defeating the purpose?

Original Articles

Communicative second language teaching: defeating the purpose?

Published in: South African Journal of Linguistics
Volume 13 , issue sup27 , 1995 , pages: 119–141
DOI: 10.1080/10118063.1995.9724020
Author(s): Jeanne Maartens Department of Afrikaans & Nederlands, Republic of South Africa

Abstract

'n “Kommunikatiewe benadering” tot tweedetaalonderrig word vandag hoog aangeskryf in opvoedkundige kringe in Suid-Afrika. Dit word aktief bevorder as die aangewese vertrekpunt vir die suksesvolle taalonderwyser. Die benadering toon egter 'n aantal ontoereikendhede wat daarop dui dat 'n onkritiese navolging daarvan, veral in die Suid-Afrikaanse konteks bepaalde gevare kan inhou. So byvoorbeeld steun die teorieë van tweedetaalverwerwing wat hierdie benadering onderlê, sterk op spraakhandelingsteorie deurdat navorsers hul beroep op 'n aantal sleutelkonsepte wat in die werk van Austin en Searle voorsien word. In die jongste tyd betoog navorsers soos Thomas (1983) en Wierzbica (1991) met toenemende oortuiging dat die aannames onder-liggend aan spraakhandelingsteorie 'n etnosentriese vooroordeel vertoon deurdat Anglo-Saksiese norme en waardes as universeel geldend beskou word. Dit is 'n verdoemende oordeel oor die kommunikatiewe benadering in 'n etnies plojbare situasie soos die onderrig van Afrikaans aan sprekers van Xhosa of Zulu. Die onbetwisbare voordele van so 'n benadering kan egter behou word as dit gekombineer kan word met for-mele onderrig in die grammatikale eienskappe van die teikentaal sowel as 'n kritiese taalbewustheidsprogram wat die kwessies van “gepaste” taalgebruik en pragmatiese verskeidenheid aanspreek. Verder moet onderrigstrategieë ontwerp word om die negatiewe effekte van oormatige angs in die tweedetaalklaskamer te verlig wat die gevolg kan wees van sekere fasette van 'n kommunikatiewe benadering.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics