A description of selected grammatical characteristics of mine fanakalo

Original Articles

A description of selected grammatical characteristics of mine fanakalo

DOI: 10.1080/10118063.1995.9724015
Author(s): Ralph Adendorff Department of Linguistics, Republic of South Africa

Abstract

Die strukturele verslag wat volg, ondersoek die sintaktiese, leksiko-semantiese en morfologiese eienskappe van Myn-Fanakalo. Met gebruik van data wat op 'n Transvaalse goudmyn in 1978 opgeneem is, beskryf ek eerstens die eenvoudigste sinstrukture in Fanakalo en in die besonder die naamwoord-sinsdeel (onderwerp en direkte voorwerp) asook die werkwoord-sinsdeel, sowel as een voorbeeld van 'n saamgestelde sin, d.w.s. een wat een of meer relatiewe bysinne bykomend tot die hoofsin insluit. Ek beskrywe dan die leksiko-semantiese eienskappe van die data en in die proses stip ek die oorsprong van leksikale items van Fanakalo aan, bereken 'n tipe-kenteken verhouding en wys pertinent op prominente leksikaliseringsprosesse, waarna ek die aandag vestig op die semantiese digtheid van items in die woordeskat. Hierdie uiteensetting word afgesluit met 'n kort oorsig oor die morfologie van Fanakalo. Daarin identifiseer ek prominente verbuigings- en afleidingsprosesse wat in die data gebruik is. Ek wys die leser deurgaans op die buitengewone kompleksiteit van die data, as in ag geneem word dat Fanakalo 'n pidgintaal is.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics