Die Noord-Sothoverhaalkuns

Original Articles

Die Noord-Sothoverhaalkuns

Published in: South African Journal of African Languages
Volume 8 , issue 4 , 1988 , pages: 102–108
DOI: 10.1080/02572117.1988.10586759
Author(s): P.S. Groenewald Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die ontwikkeling van die Noord-Sothoprosakuns vanaf 1935 tot 1960 word bespreek. Twee literêre periodes word gedurende hierdie jare onderskei. Werke wat tot die eerste periode gereken word, is Sehlodimela se Moelelwa, Phalane se Motangtang, Serate se Molato, en Madiba se Tsiri. Hoewel hierdie verhale struktureel aan die pikareske romans uit Europa herinner, hoort hulle tematies eintlik tot 'n groep wat die moraalstorie genoem kan word. Gedurende hierdie periode skryf Franz sy Maaberone. Franz was met die Europese dramatradisie goed bekend, met die gevolg dat sy drama 'n waardevolle bydrae tot die Noord-Sotholiteratuurskat word. Teen die einde van die veertigerjare word die belangrike Mamogobo-novelle, Kgamphuphu, gepubliseer. In hierdie stadium begin die tweede periode in die ontwikkeling van die Noord-Sothoverhaalkuns, en die eerste werk van belang is Ramaila se bundel kortverhale. In hierdie bundel bewys hy hom as 'n outeur wat in die strukturering van sy verhale uitmunt. Phatudi se Tladi wa Dikgati en Tsebe se Noto-ya-masogana verskyn gedurende die tweede helfte van die vyftigerjare. Laasgenoemde is 'n moraalstorie, en is struktureel foutloos saamgestel. Phatudi se verhaal vertel van 'n seuntjie wat tydens sy besoek aan die stamskool sterf. Met hierdie werke loop die tweede periode ten einde, en neem die Matsepe-periode 'n aanvang.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages