Evaluering en kalibrering van CERES-Maize 2. Groeistadia voorspellings

Original Articles

Evaluering en kalibrering van CERES-Maize 2. Groeistadia voorspellings

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 11 , issue 3 , 1994 , pages: 121–125
DOI: 10.1080/02571862.1994.10634307
Author(s): A.S. du Toit , Republiek van Suid-Afrka , J. Booysen Departement Plantkunde, Republiek van Suid-Afrika , J.J. Human Departement Agronomie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Midsomerdroogte tydens blom het 'n vernietigende effek op mielie-opbrengs. Deur die plantdatum te manipuleer kan die effek van midsomerdroogte op oesopbrengs verminder word. Gewasgroeisimulasiemodelle kan gebruik word om die optimum plantdatum per cultivar te bepaal. CERES-Maize se fenologiese voorspellingswaarde is geëvalueer met behulp van PAN6363, PAN473 en A1849W. Die cultivars is oor 'n tydperk van vyf maande weekliks aangeplant met volledige fenologiese monitering. PAN473 is gebruik vir die model modifikasies, terwyl die ander cultivars gebruik is om te verifieër dat die veranderings nie cultivar spesifiek is nie. Opkoms-, blaarinisiasie- en blaar-verskyningsfunksies is gekalibreer in CERES-Maize, om die model se fenologiese voorspellingswaarde vir die Wes-Transvaal te verbeter. Die veranderings het die sistemiese fout by opkoms verlaag met vier dae, blaarinisiasie met vyf blare en blom met twee dae.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil