Die effek van vertraging van besproeiing op die opbrengs en kwaliteit van katoen (<em>Gossypium hirsutum</em> L.) in die Vaalhartsbesproeiingsgebied

Original Articles

Die effek van vertraging van besproeiing op die opbrengs en kwaliteit van katoen (Gossypium hirsutum L.) in die Vaalhartsbesproeiingsgebied

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 6 , issue 3 , 1989 , pages: 179–182
DOI: 10.1080/02571862.1989.10634507
Author(s): J. de Kock Landboufakulteit, Republiek van Suid-Afrika , J.J. Human Landboufakulteit, Republiek van Suid-Afrika , L.P. de Bruyn Landboufakulteit, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Aangesien dit reeds bekend is dat katoen tydens die eerste stadia van die groeiperiode minder gevoelig vir watertekorte is, is 'n proef oor drie seisoene op Vaalharts uitgelê waar die eerste besproeiing na opkom van die saailinge uitgestel is totdat totale verdamping uit 'n Klas A-pan 200, 400, 600 en 800 mm was. Daarna is 75 mm besproei, gevolg deur verdere besproeiings van 75 mm sodra 125 mm uit 'n Klas A-pan verdamp het. Alhoewel evapotranspirasieverliese by besproeiing na σEp=400mm reeds die toedieningshoeveelheid oorskry het, is saadkatoenopbrengste eers beduidend verlaag wanneer meer as 600 mm verdamp het. Hierdie verskille word ook in bolgrootte en die aantal bolle per plant weerspieël, terwyl die uitstel van die eerste besproeiing na opkom van die saailinge geen beduidende effek op veselkwaliteit gehad het nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil