Rol van tekorte aan sekere makro-elemente by verdraagsaamheid van mielies (<em>Zea mays</em> L.) teenoor atrasien

Original Articles

Rol van tekorte aan sekere makro-elemente by verdraagsaamheid van mielies (Zea mays L.) teenoor atrasien

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 3 , issue 3 , 1986 , pages: 130–134
DOI: 10.1080/02571862.1986.10634207
Author(s): C.F. Reinhardt Departement Plantproduksie, , P.C. Nel Departement Plantproduksie, , N. , M.J. Vermeulen Departement Biochemie, , Z. Apostolides Departement Biochemie, , D. , J.J. Potgieter Departement Biochemie,

Abstract

Die verdraagsaamheid van mieliesaailinge (Zea mays L. kv SSM2041) teenoor atrasien is in 'n glashuis ondersoek. Plante is in potte gekweek, in voedingsoplossings met tekorte aan sekere makro-elemente. Atrasien in die voedingsoplossings is periodiek bepaal met behulp van hoëdrukvloeistofchromatografie. Tekorte aan N, P, K, Ca en Mg, afsonderlik of in sekere kombinasies, het oor die algemeen groot verskille in groei by plante van kontrolebehandelings (0 mg dm−3 atrasien) veroorsaak. Die meer groeikragtige plante was oor die algemeen minder verdraagsaam teenoor atrasien. Nogtans was daar by bepaalde atrasienpeile (6 en 12 mg dm−3) nie betekenisvolle verskille in groei tussen plante van verskillende voedingsoplossings nie. Dit blyk dat groeibeperkende vlakke van bogenoemde makro-elemente nie die verdraagsaamheid van mieliesaailinge teenoor atrasien betekenisvol beïnvloed nie. Daar was wel 'n neiging tot laer verdraagsaamheid by plante wat 'n tekort aan Mg ondervind het. Dit hou waarskynlik verband met die belangrikheid van Mg in die struktuur van chlorofilmolekule, en die feit dat atrasien fotosintese inhibeer. Atrasienbepalings het getoon dat slegs 20–40% van die oorspronklik toegediende atrasien na 28 dae in die voedingsoplossings teenwoordig was. Dit het goed verband gehou met droëmateriaalopbrengste van die besondere behandelings.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil