Leksikografiese hantering van seksuele uitdrukkings in Afrikaans

Original Articles

Leksikografiese hantering van seksuele uitdrukkings in Afrikaans


Abstract

Leksikale items wat na aspekte van die seksuele domein verwys, lewer dikwels probleme op vir die leksikograaf. So byvoorbeeld is dit dikwels moeilik om die werking van uitbreidingsmeganismes soos metaforiek en metonimie in die leksikografiese bewerking van seksuele uitdrukkings te verreken. In hierdie artikel word vier Afrikaanse woordeboeke met mekaar vergelyk ten opsigte van die leksikografiese hantering van seksuele uitdrukkings. Daar word gefokus op sowel die makrostrukturele as die mikrostrukturele hantering van sodanige lemmas, met spesifieke aandag aan ordeningsbeginsels en etikettering. Aangesien die hantering van seksuele uitdrukkings in dié vier woordeboeke nie altyd bevredigend is nie, word voorstelle ter verbetering gemaak. Daar word byvoorbeeld voorgestel dat 'n psigologistiese benadering oplossings kan bied vir die ordening van betekenisonderskeidings. Ook word aangetoon dat, indien 'n duidelike onderskeid getref word tussen sosiostilistiese en stilisties-funksionele etikette by die etikettering van seksuele uitdrukkings, die woordeboekgebruiker 'n aanduiding sal kan kry van die verskillende kontekste waarbinne seksuele uitdrukkings gebruik kan word.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics