Taal en sedes: die nasionalistiese en religieus-morele waardes onderliggend aan taalpurisme

Original Articles

Taal en sedes: die nasionalistiese en religieus-morele waardes onderliggend aan taalpurisme

Published in: South African Journal of Linguistics
Volume 15 , issue 3 , 1997 , pages: 75–85
DOI: 10.1080/10118063.1997.9724112
Author(s): Mariana Kriel Departement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

In hierdie bespreking word daar, spesifiek met verwysing na die eietydse Afrikaanse geval, geargumenteer dat nasionalistiese waardes, soms verbind met religieus-morele waardes, die basis van taalpurisme (kan) vorm. Die formule uit die Duitse Romantiek wat etnies-kultureel-linguistiese nasionalisme onderlê, naamlik taal = (etniese) kultuur, blyk ook 'n bepalende faktor te wees in Afrikaanse taalpurisme—hier verstaan as weerstand teen kodevermenging/-wisseling met Engels. Vergestalt in die Engelse taal, in Engelse wóórde, meen (ten minste sommige) Afrikaanse taalpuriste dat die internasionale Engelse kultuur 'n bedreiging inhou nie alleen vir Afrikaans nie, maar uiteindelik vir Afrikaneroutonomie en -identiteit, en vir sogenaamde Afrikanerwaardes. In 'n nasionalistiese poging om hierdie bedreiging af te weer, word daar aangedring op ‘suiwer’ Afrikaans.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics