A problem with synonyms (and a way to a solution)

Original Articles

A problem with synonyms (and a way to a solution)

Published in: South African Journal of Linguistics
Volume 10 , issue 2 , 1992 , pages: 99–104
DOI: 10.1080/10118063.1992.9723885
Author(s): JohnR. Taylor Language Laboratory, Republic of South Africa

Abstract

Die ‘probleem’ wat in hierdie artikel ondersoek word, is die verskynsel dat woorde wat dikwels as sinonieme beskou word, nogtans verskil ten opsigte van hulle distribusie. Die fenomeen word geïllustreer deur die Engelse woorde high en tall. Korpusdata wys daarop dat tall hoofsaaklik (maar glad nie eksklusief nie) ten opsigte van mense gebruik word, terwyl high oor die hele spektrum van fisiese voorwerpe gebruik kan word, alhoewel dit sel-de ten opsigte van mense gebruik word. Daar word gedemonstreer dat hierdie feite problematies is vir struktura-listiese en kenmerkgebaseerde semantiese teorieë, veral as dié twee woorde—soos dit die geval blyk te wees—wederkerig verwisselbaar is (salva veritate). Daar word geargumenteer dat die kontras tussen die twee woorde te doen het met die subjektiewe gesigspunt wat tall impliseer, teenoor die objektiewe evaluering, wat deur high oorgedra word. Daar word dus gepoog om die twee woorde binne 'n semantiese teorie wat die idee van spreker-perspektief behels te verklaar, dit wil sê ‘vantage theory’, 'n uitgroeisel van prototipeteorie, wat deur Robert MacLaury ontwikkel is na aanleiding van sy bevindinge op die gebied van kleurkategorisering. Die relevansie van Vantage Theory ten opsigte van die verskynsel onder bespreking word gedemonstreer, en 'n navorsingsprogram, wat die oordra van MacLaury se metodologie na ander gebiede behels, word geskets.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics