PERSOONSNAME IN ZULU

Original Articles

PERSOONSNAME IN ZULU

Published in: South African Journal of Linguistics
Volume 5 , issue 1 , 1987 , pages: 170–189
DOI: 10.1080/10118063.1987.9724250
Author(s): Paul , MS von Staden Department Afrikatale,

Abstract

'n Zulu-persoon kan tot ses tipes name hê waarvan drie gruepname en drie individuele name kan wees. Uitgesonderd die amagama esilingu (“Blanke name”) het name duidelike betekenisse wat verband hou met bepaalde omstandighede of kenmerke. Die groepname is uiteraard beperk in getal en nuwe groepname ontstaan slegs met verloop van tyd. Daarenteen word individuele name (veral amagama asekhaya of “tuisname”) voortdurend deur middel van 'n verskeidenheid morfologiese moontlikhede qeskep. Dit het 'n voortdurende vernuwing ten opsigte van persoonsname tot gevolg, hoewel daar ongelukkig ook tekens van 'n verstarring in hierdie verband is.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics