Die samestelling van 'n leesstuk asook meerkeusevrae vir leesbegrip-evalueringsdoeleindes

Original Articles

Die samestelling van 'n leesstuk asook meerkeusevrae vir leesbegrip-evalueringsdoeleindes

DOI: 10.1080/02572117.1992.10586927
Author(s): HeleneE. Duyvené de Wit Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die plek wat lees in die vreemdetaalkursus inneem, word aangetoon. Die aard van 'n goeie leesstuk kom aan die bot en die verskillende vlakke van leesbegrip wat gemeet kan word, kom aan die orde. Verder word gelet op die waarde van die aanwending van 'n matrys vir die evaluering van leesbegrip. Voorts voIg 'n uitleg van die vorm van meerkeusevrae. Die voor- en die nadele van meerkeusevrae word ook onder die loep geneem. Hierna volg 'n uiteensetting van die verskillende meerkeuse-items. Riglyne vir die samestelling van meerkeusevrae word verskaf. Voorstelle word aan die hand gedoen met betrekking tot puntetoekenning, volgorde van die vrae sowel as die tydsduur van die toets. Ten slotte word die evaluering van woordeskat aan die hand van meerkeusevrae uitgelig.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages