Markering van die indirekte objeksrelasie in dubbeloorganklike strukture in Noord-Sotho

Original Articles

Markering van die indirekte objeksrelasie in dubbeloorganklike strukture in Noord-Sotho

DOI: 10.1080/02572117.1991.10586905
Author(s): Elsabé Taljard Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

In tradisionele grammatikas word daar normaalweg 'n onderskeid tussen morfologies gemarkeerde en ongemarkeerde indirekte objekte in dubbeloorganklike konstruksies in Noord-Sotho gemaak. Daar is tot dusver aanvaar dat die indirekte objeksrelasie òf deur die gebruik van een van twee verbale suffikse òf deur 'n sogenaamde lokatiewe partikel ku (Zulu), go (Sotho) gemarkeer word. In hierdie artikel word aangetoon dat hierdie elemente wat tradisioneel as merkers van die sintaktiese relasie Indirekte Objek: Werkwoord beskou is, in werklikheid merkers van semantiese relasies is wat tussen hierdie NS'e (naamwoordstukke) en werkwoorde bestaan. Die enigste strategie wat vir die markering van die indirekte objeksrelasie gebruik word, is dié van woordorde.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages