Verhaalkuns na 1960

Original Articles

Verhaalkuns na 1960

DOI: 10.1080/02572117.1989.10586779
Author(s): P.S. Groenewald Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die ontwikkeling van die prosaverhaal na 1960 word in twee periodes verdeel. Die eerste periode strek oor 20 jaar, en gedurende hierdie periode oorheers Matsepe die literêre toneel. Siegs 'n paar outeurs van belang publiseer hulle werke gedurende hierdie jare, naamlik Mahapa en Mabitje wat die meester-essayvertellers in Noord-Sotho word, en W.T. Matlala wat in die tegniek van speurverhaalskryf vernuwing bring. Gedurende die tagtigerjare word 'n groot getal name tot die lys van Noord-Sotho-outeurs toegevoeg. Die belangrikste outeurs uit hierdie periode is Rafapa, Monakhisi, M.C. Mphahlele, Kekana, Mpepele, S.N. Nkadimeng, Bopape, en M.D. Mphahlele. Gedurende hierdie periode verskyn die eerste oorspronklik-geskrewe jeugverhale, en word die Dr. M.J. Madibaprys vir jeuglektuur ingestel.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages