Periode van nostalgie

Original Articles

Periode van nostalgie

DOI: 10.1080/02572117.1987.10586685
Author(s): P.S. Groenewald Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Teen die einde van die veertigerjare het die Noord-Sotho besef dat net hyself hom kan help as hy hom onder hierdie verwarrende lewensomstandighede wil handhaaf. Die verlede het vir hom skielik 'n baken van vastigheid en sekerheid geword. Phala teken tradisionele prysdigte op, en gedurende die vyftigerjare volg verskeie digters sy voorbeeld. Ook word die verlede in 'n groot getal prosaverhale en dramas die agtergrond waarteen die beskrewe gebeure afspeel. Hierdie teruggryp na die verlede word deur Matsepe op die spits gedryf, want waar dit in die meeste ander werke gaan om 'n romantiese voorstelling van die verlede, het Matsepe dit as 'n naakte werklikheid opgeroep en die perspektief reggestel. 'n Periode van nostalgie het sodoende ten einde geloop.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages