Die invloed van grondsuurheid op koringkultivars (<em>Triticum aestivum</em> L.) met verskillende vlakke van aluminiumverdraagsaamheid in die Oos-Vrystaat. II. Wortelontwikkeling

Original Articles

Die invloed van grondsuurheid op koringkultivars (Triticum aestivum L.) met verskillende vlakke van aluminiumverdraagsaamheid in die Oos-Vrystaat. II. Wortelontwikkeling

DOI: 10.1080/02571862.1996.10634371
Author(s): O. , J.H. Bosch , Republiekvan Suid-Afrika , W.M. Otto , Republiekvan Suid-Afrika , J.J. Human Departement Agronomie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

'n Veldproef is uitgevoer in die Oos-Vrystaat om te bepaal of kultivars wat verskil in aluminium (Al)-verdraagsaamheid ook verskil in wortelontwikkeling by verskillende grondsuurheidsvlakke. Drie kultivars wat varleër in Al-verdraagsaamheid is by vier grondsuurheidsvlakke in 'n verdeelde-perseelontwerp getoets. Die twee Al-sensitiewe-kuitivars, SST 124 en Betta, het 'n laer wortellengte as Tugela (Al-verdraagsaam) by 'n pH (KCl) van 4.2 en laer en 'n persentasie suurversadiging (%SV) van 22.3% en hoër getoon. Die wortelmassa van die Al-sensitiewe-kultivars was eers op 'n pH van 3.9 en %SV van 39.6% betekenisvol laer as die van die Al-verdraagsame-kultivars. Hierdie wortelstudie wys daarop dat die Al-verdraagsame-kultivar op 'n beter wortelontwikkeling as die Al-sensitiewe-kultivars onder suurtoestande gedui het.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil