Die invloed van grondsuurheid op koringkultivars (<em>Triticum aestivum</em> L.) met verskillende vlakke van aluminiumverdraagsaamheid in die Oos-Vrystaat. I. Opbrengs

Original Articles

Die invloed van grondsuurheid op koringkultivars (Triticum aestivum L.) met verskillende vlakke van aluminiumverdraagsaamheid in die Oos-Vrystaat. I. Opbrengs

DOI: 10.1080/02571862.1996.10634370
Author(s): O. , J.H. Bosch , Republlekvan Suid-Afrika , W.M. Otto , Republlekvan Suid-Afrika , J.J. Human Departement Agronomie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

'n Veldproef is uitgevoer oor twee groeiseisoene (1993 en 1994) in die Oos-Vrystaat om te bepaal waiter opbrengsverskille daar bestaan tussen verskillende koringkultivars wat varieër in aluminium (Al) -verdraagsaamheid. Vier verskillende pH- en suurversadigingsvlakke is gebruikom nege koringkultivars se opbrengsverskille te kwantifiseer, en die indeling van kultivars volgens wortelkleurtoetsresultate in groepe van aluminium-verdraagsaamheid te bevestig onder veldtoestande. Die Al-verdraagsame, en Al-vatbare groepe soos ingedeel onder veldtoestande het 'n gemiddelde opbrengsverlaging van 20% en 57% onderskeidelik getoon by 'n pH (KCl) van 3.5–3.8 en persentasie suurversadiging (%SV) van 32.5–39.1% in vergelyking met 'n grondsuurheidsvlak van pH (KCl) 4.3–4 en %SV van 11.6–12.7%.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil