Fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand van aartappels soos beïnvloed deur waterstremming

Original Articles

Fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand van aartappels soos beïnvloed deur waterstremming

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 12 , issue 4 , 1995 , pages: 143–146
DOI: 10.1080/02571862.1995.10634354
Author(s): H.F. du Plessis , Republiek van Suid-Afrika , J.M. Steyn , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die invloed van waterstremming in aartappelplante op netto fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand is tydens 'n herfsaanplanting ondersoek. Watertoediening is op 14, 28 en 42 dae na opkom gestaak om sodoende verskillende waterstremmingsperiodes tydens die groeiseisoen toe te pas. Hierdie Studie is onder 'n outomaties-beweegbare reënskerm uitgevoer. Die plante waarvan water vir die kortste periode weerhou is, het deurgaans die hoogste gemiddelde fotosintesetempo gehandhaaf. Direk na die weerhouding van water het die fotosintesetempo van al die behandelings begin daal, terwyl stomatadiffusieweerstand begin toeneem het. Tydens hierdie ondersoek is gevind dat die gemiddelde fotosintesetempo gedurende die groeiseisoen goed gekorreleer het (r = 0.95) met totale opbrengs. Die gemiddelde fotosintesetempo het 'n negatiewe lineêre verband (r = −0.88) met gemiddelde grondwateronttrekking getoon. Uit hierdie Studie het dit geblyk dat beide fotosintesa en stomatadiffusieweerstand as goeie indikators van waterstremming kan dien.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil