Die invloed van grondbewerking op vroeë wortelontwikkeling en biomassa van koringkultivars (<em>Triticum aestivum</em> L.)

Original Articles

Die invloed van grondbewerking op vroeë wortelontwikkeling en biomassa van koringkultivars (Triticum aestivum L.)

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 12 , issue 4 , 1995 , pages: 147–151
DOI: 10.1080/02571862.1995.10634355
Author(s): J.T. Steyn , Republiek van Suid-Afrika , J. , P.C. Tolmay , Republiek van Suid-Afrika , J.J. Human Departement Agronomie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Dit is bekend dat 'n goeie wortellengte en/of worteldigtheid in die eerste paar weke belangrik is om goeie saailingvestiging te verkry. Die doel van hierdie studie was om die uitwerking van minimumbewerking (wisselgangskotteleg en vlerkskaar), beitelploeg- en konvensionele bewerking op die groei van koring ten opsigte van vroeë wortelontwikkeling en biomassa te evalueer. Hierdie bewerkingsbehandelings is oor 'n periode van drie jaar op 'n Avalon sandkleileemgrond in die Sentraal-Vrystaat uitgevoer. Grondwaterinhoud was tydens plant dieselfde vir elke bewerking, behalwe vir geringe verskille in die boonste grondlae. Carina het die hoogste graanopbrengs (1 571 kg ha−1) gelewer by wisselgangskottelegbewerking in 1992, terwyl Molen in 1993 die hoogste graanopbrengs (2 462 kg ha−1) gelewer het by vlerkskaarbewerking. Die wortelontwikkeling en biomassa gedurende 1992 en 1993 toon dieselfde tendens waar Carina die grootste wortellengte en -massa in 1992 gehad het, maar in 1993 het Scheepers 69 en Carina geen verskille ten opsigte van wortelontwikkeling en biomassa getoon nie. Geen afleiding ten opsigte van watter bewerkingsbehandeling die wortelontwikkeling bevoordeel kan gemaak word nie. Die resultate dui wel daarop dat kultivars ten opsigte van vroeë wortelont-wikkeling verskil.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil