Reaksie van twee lentekoringkultivars op stikstof- en swaelbemesting in die Swartland. I. Vegetatiewe groei, opname en konsentrasie van stikstof en swael in die vegetatiewe plant

Original Articles

Reaksie van twee lentekoringkultivars op stikstof- en swaelbemesting in die Swartland. I. Vegetatiewe groei, opname en konsentrasie van stikstof en swael in die vegetatiewe plant

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 11 , issue 4 , 1994 , pages: 163–169
DOI: 10.1080/02571862.1994.10634318
Author(s): J.P. du Plessis , Republiek van Suid-Afrika , G.A. Agenbag Departement Akkerbou en Weidlng, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die belangrikheid van die korrekte N: S verhouding het die vraag laat ontstaan of 'n wanbelans tussen N en S nie gedeeltelik 'n bydrae tot die swak benuttingsdoeltreffendheid van N by hoë N-bemestings in die Swartland kan lewer nie. 'n Faktoriaalproef om die effek van 50-, 100- en 150 kg N ha−1 in kombinasie met swaelvlakke van 0-, 12.5-, 25- en 50 kg S ha−1 op vegetatiewe groei, N- en S-opname en -konsentrasie van die lentekoringkultivars Palmiet en SST 66 te bestudeer, is in 1990 en 1991 op Langgewensproefplaas uitgevoer. Plantmassa het nie tussen Palmiet en SST 66 verskil nie, maar toenemende N het dit verhoog. Geen betekenisvolle hoofeffek is met S verkry nie, maar die hoogste plantmassa is verkry waar 12.5 kg S ha−1 in kombinasie met 150 kg N ha−1 toegedien is. Die betrokke kultivars het nie in hul vermoe om N op te neem verskil nie. Met verhoogde N het N-opname, asook die konsentrasie N in die plante verhoog. Toenemende S-vlakke het met hoë N-vlakke by SST 66 'n verhooging in S-opname veroorsaak. Die S-opname van Palmiet is egter nie deur N be'invloed nie. Die belangrikheid vir genoegsame S in bemestingsprogramme vir koring waar hoë N-bemesting toegedien word, is in hierdie studie bevestig en sal in die toekoms toeneem omdat enkel- met dubbel superfosfaat vervang word.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil