Kompetisie tussen koring (<em>Triticum aestivum</em> L.) en <em>Bromus diandrus</em> II. Invloed op reproduksie

Original Articles

Kompetisie tussen koring (Triticum aestivum L.) en Bromus diandrus II. Invloed op reproduksie

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 10 , issue 3 , 1993 , pages: 131–135
DOI: 10.1080/02571862.1993.10634657
Author(s): H.M. Ferreira Departement Landbou-ontwlkkeling, Republiek van Suid-Afrika , G.A. Agenbag Departement Akkerbou en Weiding, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die effek van kompetisie tussen koring (Triticum aestivum L.) en Bromus diandrus Roth, op reproduktiewe groei is gedurende 1988 en 1989 in veldproewe ondersoek. Die graanopbrengs van koringplante is in beide jare betekenisvol beïnvloed deur kompetisie en verskille in opbrengs het gekorreleer met verskille in die aantal are plant−1. Beide are plant−1 en graanopbrengs van die koringplante het toegeneem soos die aantal Bromus-plante in die populasie toegeneem het. Die saadopbrengs van B. diandrus is slegs in 1988 betekenisvol beïnvloed deur die kompetisie tussen koring en B. diandrus en het afgeneem met 'n toename in die aantal koringplante. Die afname in saadopbrengs was positief gekorreleerd met beide die aantal pluime en saadmassa pluim−1. Die relatiewe opbrengstotaal (RYT) vir 1988 toon dat die species wel vir dieselfde groeifaktore gekompeteer het, maar dat koring in 1988 'n meer aggressiewe groeier as B. diandrus was. Hoewel koring dus die groei van B. diandrus kan onderdruk, verhoed dit nie saadproduksie nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil