Kompetisie tussen koring (<em>Triticum aestivum</em> L.) en <em>Bromus diandrus</em> I. Invloed op vegetatiewe groei

Original Articles

Kompetisie tussen koring (Triticum aestivum L.) en Bromus diandrus I. Invloed op vegetatiewe groei

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 10 , issue 3 , 1993 , pages: 124–130
DOI: 10.1080/02571862.1993.10634656
Author(s): H.M. Ferreira Departement Landbou-ontwikkeling, Republiek van Suid-Afrlka , G.A. Agenbag Departement Akkerbou en Weiding, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die doel van hierdie studie was om die kompetisievermoë van koring (Triticum aestivum L.) en Bromus diandrus Roth, te vergelyk in terme van vegetatiewe groei in veldproewe. Die proewe is ontwerp as 'n verpla- singsmodel met sewe populaslesamestellings (behandelings) en vyf herhalings. Hoewel gunstige groeitoe- stande in beide jare geheers het, toon die betekenisvolle behandelingsverskille dat kompetisie wel voorge- kom het. Koring was meer gevoelig vir kompetisie as B. diandrus maar alle gemete plantparameters het toegeneem met 'n toename in die aantal Bromus-plante in die populasie. intraspecie-kompetisie het dus 'n groter effek op koring gehad as interspecie-kompetisie. Die finale hoofhalmlengte, blaaroppervlakte en droëmassa per plant van B. diandrus is slegs in 1988 betekenisvol beïnvloed deur die kompetisie, maar het in beide jare geneig om af te neem met 'n toename in die aantal koringplante in die populasie. Digte koringstande kan dus die vegetatiewe groei van B. diandrus ondergunstigegroeitoestandeonderdruk.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil