Original Articles

Die invloed van golwende onderliggende paleosols op seisoenale fluktuasies van vrywatervlakke in eoliese sand van die noordwestelike Oranje-Vrystaat

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 10, issue 3, 1993 , pages: 105–109
DOI: 10.1080/02571862.1993.10634653
Author(s): J., A.G. HenningDepartement Plant en Bodemwetenskappe, Republiek van Suid-Afrika, H., J. von M. HarmseDepartement Plant en Bodemwetenskappe, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die resultate verkry gedurende hierdie ondersoek dui op akkumulasie van water in holtes van 'n golwende kleierige ondergrond onder oorliggende sand van eoliese oorsprong. Seisoenale veranderings in die diepte van watervlakke is die gevolg van seisoenale verspreidingspatrone van reënval. Die watervlak se diepte is 'n funksie van reënval en die gesamentlike effek van paleo- en oppervlaktopografie. Styging van watervlakke na reënbuie is slegs tydelik en die daaropvolgende daling is die gevolg van horisontale vloei op die paleo- oppervlak.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil