Die invloed van verskillende waterregimes op Up-to-date aartappels II. Opbrengs, grootteverspreiding, kwaliteit en waterverbruik

Original Articles

Die invloed van verskillende waterregimes op Up-to-date aartappels II. Opbrengs, grootteverspreiding, kwaliteit en waterverbruik

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 9 , issue 3 , 1992 , pages: 118–122
DOI: 10.1080/02571862.1992.10634614
Author(s): J.M. Steyn , Republiek van Suid-Afrika , H.F. du Plessis , Republiek van Suid-Afrika , P.F. Nortjé , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Drie besproeiingsbehandelings (20, 50 en 70% onttrekking van plantbeskikbare water) is toegepas ten einde die optimum peil van grondwateronttrekking by aartappels te bepaal. Die proef is gedurende die 1987 en 1988 herfsseisoene uitgevoer. Totale waterverbruik van behandelings is bereken en knolopbrengs, -grootteverspreiding en -kwaliteit is na oes geëvalueer. Die hoogste totale opbrengs en persentasie groot knolle is by die plante van die 20% regime verkry en die laagste by die plante van die 70% regime. Gereelde watertoediening het oor die algemeen tot 'n geringe verlaging in knolkwaliteit gelei. Die gemiddelde waterverbruiks- doeltreffendheid van die 50% regime was die hoogste.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil