Die invloed van verskillende waterregimes op Up-to-date aartappels I. Vegetatiewe ontwikkeling, fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand

Original Articles

Die invloed van verskillende waterregimes op Up-to-date aartappels I. Vegetatiewe ontwikkeling, fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 9 , issue 3 , 1992 , pages: 113–117
DOI: 10.1080/02571862.1992.10634613
Author(s): J.M. Steyn , Republiek van Suid-Afrika , H.F. du Plessis , Republiek van Suid-Afrika , P.F. Nortjé , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Drie grondwaterregimes (20, 50 en 70% onttrekking van plantbeskikbare water) is gedurende herfsaanplan- tings in 1987 en 1988 op Up-to-date aartappels toegepas om die invloed daarvan op groei en ontwikkeling te ondersoek. Twee fisiologiese parameters van plantwaterstremming, naamlik, fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand, is gedurende die 1988 groeiseisoen gemonitor. Vegetatiewe ontwikkeling is deur waterstremming vertraag en al die groeikomponente van veral die 70% onttrekkingsregime is negatief beïnvloed. Plante van die 20% regime het hoër gemiddelde fotosintesetempo's as gestremde plante getoon. 'n Betekenisvolle positiewe korrelasie (R 2 = 0.83) is tussen totale opbrengs en gemiddelde fotosintesetempo deur die groeiseisoen verkry. Stomataweerstand, sowel as fotosintesetempo, het as goeie indikators vir die voorkoms van plantwaterstremming gedien. Gemiddelde stomataweerstand het 'n negatiewe korrelasie (R 2 = 0.88) teenoor totale opbrengs getoon.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil