Prosedures en probleme by die gebruik van die PUTU9–87 gewasgroeisimulasiemodel vir koring onder besproeiing in die Vanderkloof-Staatswaterskema

Original Articles

Prosedures en probleme by die gebruik van die PUTU9–87 gewasgroeisimulasiemodel vir koring onder besproeiing in die Vanderkloof-Staatswaterskema

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 9 , issue 2 , 1992 , pages: 87–93
DOI: 10.1080/02571862.1992.10634609
Author(s): J. , H.F. Botes Departement Landbou-ekonomie, Republiek van Suid-Afrika , L.K. Oosthuizen Departement Landbou-ekonomie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die doel van hierdie ondersoek was om die PUTU9–87 gewasgroeisimulasiemodelte kalibreer om koringop-brengste en die grondwaterinhoud op 'n bevredlgende wyse in die Vanderkloof-Staatswaterskema te voor- spel, gegewe beperkte eksperimentele data. Opbrengste wat met PUTU voorspel is, word vergelyk met eksperimentele opbrengste asook opbrengste wat vanaf 'n produkslefunksie bepaal is. Die geslmuleerde waterverbruiksdata word ook teen eksperimentele data vergelyk. Die resultate toon dat die gekallbreerde model koringopbrengste redelik bevredigend vir die gegewe datastel voorspel het. Daar is 'n mate van ooreenstemming tussen die model se vermoë om grondwaterinhoud en opbrengs te voorspel. 'n Hoë prioriteit behoort verleen te word aan die generering van grond/plant/weer-dataom gewasgroeimodelle bevredigend te valideer en te kalibreer. Interdisslpllnêre navorsing is ook nodig.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil