Minimum nagtemperatuur en groeiseisoenlengte van katoenproduserende gebiede in Suid-Afrika

Original Articles

Minimum nagtemperatuur en groeiseisoenlengte van katoenproduserende gebiede in Suid-Afrika

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 8 , issue 2 , 1991 , pages: 78–84
DOI: 10.1080/02571862.1991.10634584
Author(s): M.C. Dippenaar , Republiek van Suid-Afrika , J.J. Human Departement Agronomie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

'n Bewegende gemiddelde daaglikse minimum nagtemperatuur, T[mbar][nbar] (per vyf dae) is oor 8–15 j vir 23 weer- stasies bereken wat verspreid in die katoenproduserende gebiede van die Republiek van Suid-Afrika aanwesig is. As onderste temperatuurdrempel, of basistemperatuur waarby groei van katoen staak, is 13°C aanvaar. Die daaglikse verandering van T[mbar][nbar] oor die periode vanaf 3 September tot 30 Mei aan elke lokaliteit is met 'n regressievergelyking beskryf. Die gemiddelde intreedatum van 13°C nagtemperatuur in die lente en die uittreedatum daarvan in die herfs, is vir elke lokaliteit bepaal. Katoengebiede op hoogtes van 900 tot 1 200 m bo seevlak ondervind 'n skerp daling in gemiddelde T[mbar][nbar] na die middel van die jaar, i.e. 16 Januarie, en die uittreedatum van 13°C kom in 60% van die jare teen die einde van Maart in meeste gebiede voor. Dit beperk die lengte van die groeigeisoen vir katoenproduksie.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil