Die relatiewe belang van die vorm en konsentrasie van stikstof in die wortelsone op die ontwikkeling van <em>Zea mays</em> L.

Original Articles

Die relatiewe belang van die vorm en konsentrasie van stikstof in die wortelsone op die ontwikkeling van Zea mays L.

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 5 , issue 3 , 1988 , pages: 123–126
DOI: 10.1080/02571862.1988.10634269
Author(s): F.G. Adriaanse , Republiek van Suid-Afrika , J.J. Human Departement Agronomie en Hortologie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die invloed van ses nitraat:ammoniumverhoudings by 200 mg N l1 in een proef en twee ander verhoudings by 50, 100 en 200 mg N l1 in 'n tweede proef is op droëmateriaalproduksie en stikstofinhoud ondersoek. Die algehele beste behandeling was 'n 3:1 nitraat:ammoniumverhouding by 100 mg N l1. Hierdie behandeling was betekenisvol beter as 'n 3:1-verhouding by 200 mg N l1 en 'n 1:0-verhouding by 100 of 200 mg N l1 vir droëmassaproduksie en stikstofopname. Nitraat:ammoniumverhoudings van 2:3,3:2,1:4,4:1 en 3:1 by 200 mg N l1 het betekenisvol hoër N% in die bogrondse plantdele bo 'n 1:0-verhouding by dieselfde N-konsentrasie gegee. Vyf basters het betekenisvol van mekaar verskil in hul vermoë om stikstof op te neem. Hierdie verskille het verskil vir die twee proewe.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil