Watervlakke in sekere gronde van die Noordwestelike Oranje-Vrystaat

Short Communications/Kort Mededelings

Watervlakke in sekere gronde van die Noordwestelike Oranje-Vrystaat

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 5 , issue 2 , 1988 , pages: 107–109
DOI: 10.1080/02571862.1988.10634263
Author(s): J. , A.G. Henning , Republiek van Suid-Afrika , D.J. Nel Departement Bodemkunde, P.U. vir C.H.O., Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die akkumulasie van vrywater in sekere gronde in die Noordwestelike Oranje-Vrystaat word geassosieer met verskillende tipes stadig-deurlaatbare lae (keerlae). Voorlopige ondersoeke het aangetoon dat die langtermyn-storing van water verskil tussen twee tipes keerlaag, naamlik 'n kleilaag en 'n harde plintiese laag. Kapillêre styging vanaf vrywatervlakke varieer met die tipe keerlaag en ook die diepte van die watervlak. Hierdie verskynsel kan 'n beduidende invloed op die hoeveelheid water wat vir plante in verskillende lokaliteite beskikbaar is, hê. Die moontlikheid dat bykomende plantvoedingstowwe uit die vrywater béskikbaar gestel kan word is bevestig deur analise van die grondwater vir nitraat. Inligting dui daarop dat die grondwater treaties van aard is.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil