Invloed van sekere grondeienskappe op aktiwiteit van atrasien

Original Articles

Invloed van sekere grondeienskappe op aktiwiteit van atrasien

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 5 , issue 1 , 1988 , pages: 32–36
DOI: 10.1080/02571862.1988.10634245
Author(s): J.G. Ehlers Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , C.F. Reinhardt Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika , P.C. Nel Departement Plantproduksie, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die aktiwiteit van atrasien is in biotoetse onder gekontroleerde toestande ondersoek in 43 gronde vanaf 29 lokaliteite geleë in die somerreënvalstreek van Suid-Afrika. Sojabone en hawer is in afsonderlike proewe as toetsgewas gebruik. Geselekteerde grondeienskappe is met atrasienaktiwiteit gekorreleer. In beide proewe het % C, fosforvaslegging en klei-inhoud atrasienaktiwiteit goed voorspel, terwyl katioonuitruilvermoë en pH deurgaans swakker voorspellers was. In meervoudige regressie-analises is die grootste R 2-waarde verkry met 'n kombinasie van % C, P-vaslegging en klei-inhoud. Inagneming van % C, P- vaslegging en klei-inhoud by die gebruiksvoorskrifte vir atrasien behoort die risiko verbonde aan die gebruik daarvan op sekere gronde aansienlik te verminder en/of die effektiwiteit van onkruidbeheer te verhoog.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil