Kleimineralogie, katioonuitruilkapasiteit en waterhouvermoë van grondvorms in die Hoëveldstreek

Original Articles

Kleimineralogie, katioonuitruilkapasiteit en waterhouvermoë van grondvorms in die Hoëveldstreek

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 3 , issue 3 , 1986 , pages: 103–109
DOI: 10.1080/02571862.1986.10634202
Author(s): AstridM. Hattingh Hoëveldstreek, Departement van Landbou en Watervoorsiening,

Abstract

Kleimineralogiese data vir 12 grondvorms, wat algemeen in die Hoëveldstreek voorkom, is ondersoek. Die persentasie monsters waarin 'n bepaalde kleimineraal voorkom, is bereken. Daaruit is dit duidelik dat smektiet algemeen in gronde van die Arcadia-, Bonheim, en Rensburgvorms voorkom, maar minder algemeen in gronde van die Avalon-, Hutton-, Clovelly- en Westleighvorms. Tussen 30 en 318 monsters, uit geselekteerde boerderygebiede in die Hoëveldstreek, is gebruik om regressievergelykings vir die verband tussen katioonuitruilkapasiteit en klei-inhoud vir 19 grondvorms te bereken. Katioonuitruilkapasiteit, tesarne met klei-inhoud kan gebruik word om die waterhouvermoë van grondvorms te bereken. Dit is opvallend dat die waterhouvermoë van verskillende grondvorms met vergelykbare klei-inhoude, maar met 'n variërende katioonuitruilkapasiteit met tot meer as 50 persent kan verskil. Die korrelasie tussen katioonuitruilkapasiteit, kleiinhoud en waterhouvermoë is goed binne 'n grondvorm, maar varieer baie tussen grondvorms.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil