Die studie van sportkornrnentaar in die bree teoretiese raarnwerk van diskoersanalise

Original Articles

Die studie van sportkornrnentaar in die bree teoretiese raarnwerk van diskoersanalise

Published in: South African Journal of Linguistics
Volume 17 , issue 2-3 , 1999 , pages: 73–96
DOI: 10.1080/10118063.1999.9724527
Author(s): Sheenagh Brighton Department of Linguistics and English Language, South Africa , Vivian de Klerk Department of Linguistics and English Language, South Africa

Abstract

Kommentaartaal is 'n tipiese voorbeeld van taal wat gemanipuleer word om spesifieke funksies uit te voer. Hierdie artikel gaaii egter oor meer as die beskrywing van kommentatortaal. Dit fokus veral op die ongelykhede in die ‘kwaliteit’ van uitvoering van die kommentaartaak en fokus spesifiek op die persepsie (deur sommige) dat Suid-Afrikaanse kommentators minder professioneel is as hul oorsese ewekniee. Vir duidelikheid is daar besluit om in hierdie artikel slegs op rugby te fokus onidat rugby in hierdie land 'n passievolle ondersteuning deur ingeligte ondersteuners geniet en ook as gevolg van die relatiewe belangrike posisie wat die meer bekende kommentators geniet. Ons doen verslag oor 'n opname wat onder 'n geselekteerde groep gereelde rugbykykers gedoen is, wat almal 'n vraelys voltooi het oor 'n video-opname van uittreksels van kommentaar deur drie verskillende kommentators (een Suid-Afrikaans en twee buitelanders). In die vraelys is hulle versoek om hul gunsteling kommentator te kies en ook om elkeen van die kommentators te evalueer op grond van sy kommentatorstaal. Hierbenewens is 'n diskoersanalise van die uittreksels gedoen met die doel om die rnoontlike keuses van die respondente te ondersoek. In die finale analise ondersteun die studie die navorsingshipotese en maak dit sekere voorstelle vir meer effektiewe en kykerslokkende kommentaar.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics