The minimalist program – an orientation

Original Articles

The minimalist program – an orientation

DOI: 10.1080/10118063.1996.9724358
Author(s): Jeanne Maartens Department of Afrikaans & Nederlands,

Abstract

Die Minimalistiese Program wat in 1992 deur Chomsky as 'n navor-singsprogram bekendgestel is, verteenwoordig die jongste stadium van ontwikkeling in die teorie van Generatiewe Grammatika. Hoewel 'n meer beperkende teorie as sy voorganger (die Regeer en Bind-teorie), verteenwoordig die Minimalistiese Program 'n voortsetting van 'n tendens in hedendaagse sintaktiese teorie wat sy oorsprong het by werk wat in die GB-era begin is. Reeds vanaf hierdie tyd is daar die neiging om weg te beweeg van die formulering van ingewikkelde reëlsisteme wat vir spesifieke tale ontwikkel is, na eenvoudige reels wat beperk word deur algemene universele beginsels wat interakteer om sintaktiese verskynsels te verklaar. Die verklarings wat besig is om op die raakvlakke van Fonetiese Vorm en Logiese Vorm na vore te tree, asook die moontlikheid om alle parametriese variasie tussen tale in terme van morfologiese kenmerke te verklaar, lei tans daartoe dat nuwe en opwindende navor-singsgebiede betree word. In hierdie artikel word 'n kort oorsig verskaf van die Minimalistiese Program.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics