Die formantpatrone van Afrikaanse vokale soos geproduseer deur manlike sprekers

Original Articles

Die formantpatrone van Afrikaanse vokale soos geproduseer deur manlike sprekers

Published in: South African Journal of Linguistics
Volume 11 , issue 2 , 1993 , pages: 71–79
DOI: 10.1080/10118063.1993.9723910
Author(s): A. van der Merwe Departement Spraakheelkunde en Oudiologie, Republiek van Suid-Afrika , E. Groenewald Departement Spraakheelkunde en Oudiologie, Republiek van Suid-Afrika , D. van Aardt Departement Ingenieurswese, Republiek van Suid-Afrika , H. , E.C. Tesner Departement Spraakheelkcunde en Oudiologie, Republiek van Suid-Afrika , R.J. Grimbeek Departement Statistiek, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die leemte wat bestaan ten opsigte van die instrumentele ondersoek van Afrikaanse klanke word in hierdie artikel aan-gespreek. Die doel van die ondersoek is die identifikasie van tipiese formantfrekwensies en formantverhoudings van agt Afrikaanse vokale soos geproduseer deur manlike sprekers. Die analises is uitgevoer met die Kay digitale seinpro-sesseringsonagraaf Model 5500. Wat die formantfrekwensies betref, is waardes wat in dieselfe orde lê, verkry by die tien proefpersone en dit is ook vergelykbaar met waardes wat verkry is vir Engelssprekende manlike persone. Die fre-kwensieverspreidings van F1 en F2 vorm groepe vir die verskillende vokale wat met betrekking tot die frekwensiege-bied ooreenkom met die plasing van vergelykbare Engelse vokale. Die enigste uitsondering is die vokaal /æ/ wat meer diffuus verspreid is as die ander vokale. Tipiese formantverhoudingspatrone vir die agt Afrikaanse vokale soos geproduseer deur manlike sprekers is ook verkry. Die vokaal /æ/ vertoon die grootste interpersoonlike variasie in formantverhoudings. Dit wil voorkom asof daar sprake is van idiofone van hierdie foneem. Die algemene gevolgrrekking is dat betroubare data versamel is.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics