Die rol van anaforiek in die spontane mondelinge vertelling in Afrikaans

Original Articles

Die rol van anaforiek in die spontane mondelinge vertelling in Afrikaans

Published in: South African Journal of Linguistics
Volume 11 , issue 2 , 1993 , pages: 59–64
DOI: 10.1080/10118063.1993.9723908
Author(s): Susan Prinsloo Departement Afrikaans, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

In die spontane mondelinge vertelling word sekere items gebruik wat 'n verwysende funksie het. Sommige van hierdie items, die anafore, kan ten opsigte van hul verwysende funksie nie los gesien word van ander items nie, naamlik die antesedente, wat 'n groter kommunikatiewe gewig besit as die eersgenoemde. Antesedente en anafore vorm anaforiese kettings waardeur anaforiek in die spontane mondelinge vertelling 'n belangrike funksie as bindingsmiddel verrig. Binne bepaalde gedeeltes van die vertelling vertoon anaforiese kettings sekere kenmerke, byvoorbeeld in die aankondigingsgedeelte word tipe-anaforiek meestal gebruik terwyl dit selde in die verwik-kelde handelingsgedeelte voorkom. In die laasgenoemde gedeelte word tekenanaforiek meestal gebruik en ante-sedentherhaling en die gebruik van leksikale naamwoordstukke kom meestal in hierdie gedeelte voor. Anaforiek vervul voorts 'n belangrike funksie as reduksiemiddel deur die voorkoming van onnodige herhaling en redundan-sie in die taalaanbod. In die spontane mondelinge vertelling word hierdie funksie soms oorboord gegooi en word herhaling dikwels funksioneel aangewend om nadruk te bewerkstellig of om antesedentverwarring te voorkom. In die spontane mondelinge vertelling is gevind dat die verwysingsisteem die inhoud van die vertelling onder-steun in dié sin dat die gebruik van antesedentherhaling en die gebruik van beskrywende leksikale naamwoordstukke meer dikwels aangewend word in die verwysing na die belangrikste persone of dinge in die vertelling, terwyl voomaamwoorde meestal vir die verwysing na minder belangrike referente gebruik word.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics