'n Kognitiewe model van taal: Die netwerkbenadering

Original Articles

'n Kognitiewe model van taal: Die netwerkbenadering

Published in: South African Journal of Linguistics
Volume 10 , issue 4 , 1992 , pages: 186–191
DOI: 10.1080/10118063.1992.9724459
Author(s): Vivian de Klerk Department of Linguistics and English Language, Republic of South Africa

Abstract

Hierdie artikel steun op die werk van Johnson-Laird, Hudson en Langacker. As alternatief vir die opvatting dat die menslike intellek formele reëls bevat wat linguistiese gedrag spesifiek beheer, word hier 'n meer algemene denkmodel voorgestel: denkmodelle vereis reëls, maar die reëls is algemene prosesseringsreëls wat oor domeine heen van toepassing is, en wat aangewend word by geestesprosesse soos af-leiding, woordontleding, die verstaan van sinne, die verstaan van volledige verhale—in kort, begrip van die wêreld oor die algemeen. Sodanige reëls behels egter meer as die beperkte strukture van vorige beskrywings: dit is 'n grond-liggende basis van die menslike kognisie. In dié artikel word na die voordele van so 'n benadering gekyk tot en met 'n beskrywingsproses waarin taal beskou word as 'n kognitiewe proses wat nie uitsluitlik linguisties is nie, en eerder deel uitmaak van kognitiewe handeling oor die algemeen. Hierdie benadering het weliswaar sy nadele maar dit vergoed op talle wyses vir die leemtes in ander pogings tot taalbeskrywing. Dit bevat ook nuttige moontlikhede vir ver-dere navorsing in die soeke na realistiese modelle vir menslike linguistiese prosessering.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics