Sepedi versleer: Funksies van herhaling en segmentele rym

Original Articles

Sepedi versleer: Funksies van herhaling en segmentele rym

DOI: 10.1080/02572117.2002.10587501
Author(s): PS Groenewald Departement Afrikatale, Suid-Afrika

Abstract

'n Bespreking van die funksies van rym en herhaling moet onderskei tussen (a) essensiële verseenhede, d.i. die interafhanklike dele en die sin wat die volledige vers of gedig is, en (b) die addisionele eenhede, soos die stansa, die gedig en die siklus. Binne die essensiële eenhede bewerkstellig rym en herhaling simmetrie. In die stansa en die gedig determineer rym simmetrie asook die grens tussen die interafhanklike eenhede. Herhaling het egter geen ander funksie as simmetrie nie behalwe wanneer die segment wat herhaal word 'n woordstam, woord of frase wat as rymsegment gebruik word, uitmaak. Herhaling bepaal ook die grens tussen die interafhanklike eenhede binne die addisionele verseenheid wanneer dit die volledige gedig uitmaak.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages