Die onderrig van taalhandelinge: voorstelle met betrekking tot metodologie

Original Articles

Die onderrig van taalhandelinge: voorstelle met betrekking tot metodologie

DOI: 10.1080/02572117.1997.10587159
Author(s): HeleneE. Duyvené de Wit Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika , R.M. Ntuli Departement Kommunikasiekunde, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Ten einde die problematiek ten opsigte van die onderrig van taalhandelinge te oorkom, word metodes voorgestel wat korreleer met die wyse waarop die leerproses by volwassenes plaasvind. Die eienskappe van kommunikatiewe onderrig word uiteengesit. Dit word opgevolg deur 'n uiteensetting van onderrigmetodes wat onder meer die volgende insluit: samestelling van 'n vloeidiagram; redigering van taalhandelinge; aanduiding of taalhandelinge formeel of informeel is; uitwysing van irrelevante woorde; transformasie; uitbreiding; integrasie; herformulering; sametrekking; eggo van taalhandelinge; soeke na onpare; voorsiening van ontbrekende inligting; diktee; konstruering van 'n dialoog na aanleiding van 'n parafrase en 'n sekwensie van prente; en, ten slotte, 'n rolspel.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages