Die onderrig van funksies in 'n Kommunikatiewe Aanpak: metodologiese probleme

Original Articles

Die onderrig van funksies in 'n Kommunikatiewe Aanpak: metodologiese probleme

DOI: 10.1080/02572117.1995.10587066
Author(s): HeleneE. Duyvené de Wit Departement Afrikatale, Republic of South Africa , R.M. Ntuli Departement Kommunikasiekunde, Republiek van Suid-Afrika , L.C. Posthumus Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Vergeleke by ander onderwerpe in taalonderrig, geniet die metodologiese probleme wat by die onderrig van funksies ervaar word, minder aandag in navorsing. Aangesien funksies so 'n integrale deel vorm van natuurlike diskoers in 'n Kommunikatiewe Aanpak, is hierdie artikel afgestem op die identifisering en beskrywing van metodologiese probleme wat by die onderrig van funksies ervaar word. Die probleme wat bespreek word, is die verwaarlosing van onderrigmetodes betreffende die onderrig van funksies; die verwarring met betrekking tot kommunikatiewe leerstof; die negering van die leerproses tydens die doseerproses; die diversiteit van indirekte taalhandelinge; onproduktiewe fraseboekkennis; die onsuksesvolle produktiewe fase wat nie deur 'n vasleggingsproses voorafgegaan is nie; die polemiek ten opsigte van grammatika binne 'n kommunikatiewe bestel en die versoening van die opponerende vereistes vlotheid en akkuraatheid.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages