Die gemarkeerde possessiewe konstruksie in Noord-Sotho

Original Articles

Die gemarkeerde possessiewe konstruksie in Noord-Sotho

DOI: 10.1080/02572117.1993.10586961
Author(s): PetronellaM. du Preez Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

‘Gemarkeerde possessiewe konstruksies’ in Noord-Sotho is daardie konstruksies wat uit 'n antesedent en 'n possessiewe partikelgroep bestaan. Die verskillende tipes woorde wat as antesedente en komplemente van possessiewe konstruksies kan optree, word ondersoek, en 'n kritiese evaluering van tradisionele grammatici se sienings oor hierdie aangeleentheid word gegee. Die verskillende funksies van gemarkeerde possessiewe word bespreek, met ander woorde die direkte en beskrywende funksies. Verder word semantiese verhoudinge binne die gemarkeerde possessiewe konstruksie soos deel-geheel en vervreembare/onvervreembare verhoudings in oënskou geneem.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages