Linguistiese eienskappe van spreekwoorde in Noord-Sotho

Original Articles

Linguistiese eienskappe van spreekwoorde in Noord-Sotho

Published in: South African Journal of African Languages
Volume 9 , issue 3 , 1989 , pages: 127–133
DOI: 10.1080/02572117.1989.10586790
Author(s): E.B. van Wyk Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika , MelanieJ. Bushney Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Noord-Sothospreekwoorde bevat dikwels linguistiese strukture en grammatiese verskynsels wat nie in gewone taalgebruik voorkom nie en wat op die oog af ongrammaties skyn te wees. Ander verskynsels kom wel in gewone taalgebruik voor, maar dan slegs sporadies of in vaste uitdrukkings. Veertien sulke verskynsels word bespreek en daar word aangetoon dat die meeste daarvan teruggaan op onderliggende strukture wat in gewone taalgebruik voorkom en waaruit bepaalde elemente weggelaat is, of op ouer taalvorme wat reëlmatig in ander tale aangetref word. Sommige kom boonop in poesie voor. Die gevolgtrekking word dan gemaak dat gewone taalgebruik, poésie, en spreekwoorde 'n kontinuum vorm waarin afwykende grammatika progressief voorkom. Die afwykings kan toegeskrywe word aan die konserwatiewe aard van poésie en spreekwoorde en die feit dat spreekwoorde vaste formules is.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages