Prolepsis en analepsis: Aspekte van temporele volgorde in die verhaalkuns toegepas op 'n kortverhaal deur E.M. Ramaila

Original Articles

Prolepsis en analepsis: Aspekte van temporele volgorde in die verhaalkuns toegepas op 'n kortverhaal deur E.M. Ramaila

DOI: 10.1080/02572117.1989.10586783
Author(s): C.B. Swanepoel Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

In hierdie artikel word die fokus geplaas op temporele volgorde wat as 'n belangrike struktuurelement in die verhaalkuns funksioneer. Afgesien van die soorte tyd wat in die verhaalkuns onderskei word is daar sekere belangrike aspekte daarvan soos volgorde, duur, en frekwensie wat besondere elemente word in die strukturering van die verhaal. Nuwe perspektiewe ten opsigte van hierdie aspekte is veral deur Genette ontsluit. Hier word slegs aandag gegee aan die temporele volgorde as 'n tydsaspek in die strukturering van die verhaal. Die implikasies daarvan word dan getoets op O-rerešitše, 'n kortverhaal in Noord-Sotho deur Ramaila.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages