Analise van <em>O-rerešitše</em> aan die hand van Greimas se aktansiële model

Original Articles

Analise van O-rerešitše aan die hand van Greimas se aktansiële model

DOI: 10.1080/02572117.1989.10586777
Author(s): C.B. Swanepoel Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

In die jare sestig en die vroeë sewentigs het daar in Sentraal-Europa nuwe denkrigtings in die literatuurstudie ont- staan wat veral in die narratologie en die beskouinge daaroor 'n neerslag gevind het. Van die insigte wat uit hierdie nuwe paradigma verkry is, is in baie opsigte dinamies en sinvol vir eksploitering in die Afrikatale se literatuur en literatuurstudie. Een van die besondere beskouinge wat hier sy ontstaan belewe het setel in die sogenaamde aktansiële model van Greimas. Volgens hom vorm die beginsel van binêre opposisies die basis van die sogenaamde diepliggende aktansiële model waarvandaan alle verhale op die oppervlakstruktuur getransformeer word. Hy plaas veral klem op die verbintenis van figuur en gebeurtenis in 'n handelingsgeheel. In hierdie artikel word gepoog om die toepasbaarheid van hierdie model in die Noord-Sothoverhaalkuns te toets deur dit op 'n spesifieke kortverhaal van Ramaila te laat realiseer.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages