Gondzze voornaamwoorde

Original Articles

Gondzze voornaamwoorde

DOI: 10.1080/02572117.1987.10586682
Author(s): E. , J.M. Baumbach Departement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

(a) Demonstratiewe voornaamwoorde. 'n Kenmerk van Gondzze is dat dit slegs van twee demonstratiewe gebruik maak, naamlik een wat aandui ‘hier (naby my)’ en die ander ‘daar ('n entjie van my en jou)’. Hierdie demonstratiewe word egter in volksverhale met 'n diachronies-verwysende betekenis aangewend. Die kopulatiewe demonstratief word in Gondzze gevorm deur middel van sy eie kopulatiewe formatief ha-. (b) Absolute voornaamwoorde. Die verskillende klasse se absolute voornaamwoorde word gevorm deur middel van 'n onderwerpskakel plus verwysingsformatief o plus stabiliseerder -na. (c) Kwantitatiewe voornaamwoorde. Die eksklusiewe kwantitatiewe voornaamwoorde vir die eerste en tweede persone en klas 1 is van die stam** -ekje gevorm, terwyl dié van die ander klasse van 'n sinonieme, diachronies-latere stam, **-okje gevorm is. Gondzze het nie sy eie inklusiewe kwantitatiewe voornaamwoorde nie, maar maak van dié van Zoeloe/Swazi gebruik.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages