Perspektief op pronominalisasie in Noord-Sotho

Original Articles

Perspektief op pronominalisasie in Noord-Sotho

DOI: 10.1080/02572117.1987.10586680
Author(s): D.J. Prinsloo Departement Bantoetale, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Pronominalisasie in Bantoe word in tradisionele werke deur 'n Europese brll betrag en beskryf in terme van beginsels wat vir tale soos Afrikaans en Engels geld maar as't ware op die Bantoefeite afgeforseer word, 'n Tipiese voorbeeld hiervan is die reeds goed-gevestigde term ‘absolute voornaamwoorde’ wat na woorde soos klas 1 yena, klas 2 bona, klas 10 ťsona, ens., verwys en onverskillig met ‘hy’, ‘sy’, ‘hulle’, ens., vertaal word, maar wat in die eerste piek nie naamwoorde ‘absoluut’ vervang nie en in wese ook nie ‘voornaamwoorde’ is nie. Die gevolge van só 'n benadering tot die bestudering van pronomina in Bantoe is rampspoedig vir 'n taal soos Noord-Sotho, daar hulle werklike funksie en kenmerke totaal misgekyk word. Publikasies van navorsers soos Wilkes en Louwrens wat 'n nuwe insig rakende pronominalisisie gebring het, geniet nie die aandag en erkenning wat dit verdien nie. Laasgenoemde navorsers het deur noukeurige bestudering van die Zoeloe-en Sothotaalfeite tot Insiggewende gevolgtrekkings gekom wat die ware karakter van pronominalisasie in Bantoe—en in Noord-Sotho in besonder—blootlè. Die doel van hierdie artikel is om op hierdie insigtevoort te bou. In die eerste plek word kripties oor Wilkes en Louwrens se bevindinge besin. Tweedens word aan die hand van Givon gepoog om deur middel van 'n diachroniese benadering uitsluitsel te gee oor problematlese sintaktiese aspekte van pronominalisasie in Noord-Sotho. In die derde plek word pronomina wat 'n anaforiese funksie vervul, krities opgeweeg teenoor pronomina wat diskoersfunksies markeer.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages