'N KRITIESE OORSIG VAN BESTAANDE BESKOUINGE OOR LOKATIEFVORMING IN BANTOE MET BESONDERE VERWYSING NA NOORD-SOTHO

Original Articles

'N KRITIESE OORSIG VAN BESTAANDE BESKOUINGE OOR LOKATIEFVORMING IN BANTOE MET BESONDERE VERWYSING NA NOORD-SOTHO

DOI: 10.1080/02572117.1981.10586455
Author(s): DJ Prinsloo ,

Abstract

Die doel van hierdie bydrae is om bestaande beskouinge oor lokatiefvorming in Bantoe te evalueer ten einde by 'n probleemstelling rakende veral die semantiek en sintaksis van lokatiewe in Noord-Sotho uit te kom. Ondersoek het getoon dat lokatiewe in Bantoe betreklik volledig ten opsigte van die morfologiese eienskappe daarvan beskryf is. Gevolglik sal hier, wat die morfologie van lokatiewe in Noord-Sotho betref, met enkele opmerkings volstaan word. In latere uitgawes sal dan gepoog word om lokativering in Noord-Sotho uitvoerig ten opsigte van die semantiese en sintaktiese eienskappe daarvan te beskryf.

Get new issue alerts for South African Journal of African Languages