Anti-Christelike ‘ateïsme’ en anti-Semitisme by Friedrich Nietzsche

Original Articles

Anti-Christelike ‘ateïsme’ en anti-Semitisme by Friedrich Nietzsche

Published in: South African Journal of Philosophy
Volume 17 , issue 3 , 1998 , pages: 239–261
DOI: 10.1080/02580136.1998.10878164
Author(s): W.P. Esterhuyse Departement Filosofie, Suid-Afrika

Abstract

Die werke van Renan, Stöcker en Dühring het 'n belangrike rol in die vestiging van anti-Semitisme in Duitsland gespeel. Nietzsche neem aan die politieke debat van sy tyd deel deur swaarde met hierdie drie te kruis. Teen die agtergrond hiervan word in hierdie artikel die standpunt verdedig dat Nietzsche se ateïsme 'n totale afwysing van die anti-Semitisme behels—of daardie anti-Semitisme nou in 'n ‘Christelike’ of 'nie-Christelike' gewaad geklee was. In sy Genealogy of morals en Anti-Christ, maak hy gebruik van 'n genealogiese strategie waarmee hy die standpunt dat die anti-Semitisme, die Christendom en die Judaïsme van die priesters 'n familie-verwantskap het, verdedig. Hulle word gekenmerk deur ressentiment, oftewel 'n gemeenskaplike morele verwysingsraamwerk. Sy ateïsme is 'n poging om verby (anderkant) hierdie verwysingsraamwerk te beweeg.

Get new issue alerts for South African Journal of Philosophy