Invloed van <sup>15</sup>NH<sub>4</sub>-N wat op vier groeistadia teen vier peile toegedien is, op di N-samestelling en opbrengs van sojabone [<em>Glycine max</em> (L.) Merrill]

Original Articles

Invloed van 15NH4-N wat op vier groeistadia teen vier peile toegedien is, op di N-samestelling en opbrengs van sojabone [Glycine max (L.) Merrill]

DOI: 10.1080/02571862.1997.10635077
Author(s): A. , D.P. Botha , Republiek van Suid-Afrika , D.C. Pretorius , Republiek van Suid-Afrika , R. , L.J. Coetzer , Republiek van Suid-Afrika

Abstract

'n Potproef is onder temperatuur-gekontroleerde toestande in 'n glashuis onderneem met 'n fynsandgrond wat aanvanklik vry van rhizobium bakterieë was. Glycine max (L.) Merrill (kultivar Prima) is met 'n mengsel van twee bekende rasse van Bradyrhizobium japonicum gei'nokuleer. Die invloed van vier peile (0, 10, 20 en 40 kg N ha −1) gemerkte 15NH4-N wat gedurende vier groeistadia (V1, R2, R4 en R5) toegedien is op die opbrengs en N- samestelling van sojaboonsaad is ondersoek. Die aantal peule, sade en biomassa van die plantdele is bepaal. Stikstoffraksies wat in die bogrondse plantdele en saad uit die grond en kunsmis benut en simbioties gebind is, is met die isotooptegniek bepaal. Die aantal peule, sade, blaar- en saadmassa, totale N en proteïenproduksie is met N-bemesting in die V1-groeistadium, verhoog. Stikstof wat in die R2-groeistadium toegedien is het min effek op saad-opbrengs en proteïengehalte. Toediening van N gedurende die R4-groeistadium, wanneer atmos- feriese N aktief gebind word, het saadopbrengs, biologiese N-binding, grond-N-opname en proteïenproduksie onderdruk. Die saadmassa en proteïenproduksie is met N-toedienings in die R5-groeistadium ook verhoog. Hoër N-peile, toegedien in die V1- en R5-groeistadia, het blaar-, saad- en totale bogrondmassa laat toeneem. Ongeag die N-peil, het latere toedienings die misstofgebruikseffektiwiteit in die saad verbeter.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil